Prospect Cottage is 'n ruime, gemaklike, gemeubileerde tuiste geskik vir tot ses persone.

Sit op die hout dek met panoramiese uitsigte van die meer en die Knysna Hoofde of geniet die uitsig uit die sitkamer, eetkamer en slaapkamers. Kyk hoe die Knysna Tjoe-Tjoe uit die stasie en oor die meer trek terwyl u 'n glasie geniet. |

Geniet die rustige leefwyse van Knysna met maklike toegang na die Tuin Roete en Klein Karoo.

Ideaal geleë, 'n drie minuut lopie na sentraal Knysna en die meer, tog af van die hoofweg af en geleë op 'n stil doodloopstraat. Maklike toegang na boot en watersport fasiliteite, restaurante, winkels en 'n kort wandel na die Knysna Waterkant kompleks.